Eie Tyd Eie Teiken

Browsed by
Category: Yzerfontein

Die Begin – 4 Aug 2024

Die Begin – 4 Aug 2024

Ons “nuwe” – “ou” kar is gepak. ‘n SsangyoungMusso, en ‘n 4×4 trailer loop oor van ons lewe wat nou in kratte, bokse en sake gepak is. Ek’t geen beenspasie nie, want my pa het padkos gemaak en my ma gee elke keer as sy verby my loop vir my nog iets om saam te neem. Die twee piesangs wat sy minute voor ons ry in my hand gestop het, het my so baie aan Zanel laat dink. My sussie haat die reuk van ryp piesangs haha! End dit kan ‘n motor se atmosfeer nogals oorneem.